Trump vra hoogste hof om skuldigbevinding in E Jean Carroll-saak om te keer

Lees ook :

Donald Trump vra hoogste hof om skuldbevinding in E Jean Carroll-saak om te keer fotokrediet: X

VSA. – Donald Trump het die Amerikaanse hoogste hof gevra om sy skuldigbevinding in die $5 miljoen- siviele saak om te keer waarin dit bevind is hy het skrywer E Jean Carroll seksueel mishandel en haar naam geskend.

Lees ook: Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte

Trump het verskeie kere beweer die regter in die saak, Lewis Kaplan, het toegelaat dat bewyse op ‘n onbehoorlike manier voorgelê is wat die jurie teen Trump beïnvloed het.

‘n Federale appèlhof het verlede jaar saamgestem met Trump se skuldbevinding en het gesê Kaplan het geen foute gemaak wat ‘n nuwe verhoor regverdig nie.

Trump se prokureurs het aan die hoogste hof gesê Kaplan moes nie die jurielede toegelaat het om die 2005 Access Hollywood-beeldmateriaal, waarin Trump erken het hy vat en soen aan vroue, te sien nie. Die prokureurs het gesê “daar was geen getuies, geen beeldmateriaal en geen polisieverslag of ondersoek” oor Carroll se aantyging dat Trump haar seksueel aangerand het in die 1990’s nie.

Trump het in 2022 Carroll se bewerings op Truth Social ontken en gesê sy is nie sy “tipe nie” en dat sy gelieg het.

Bronne: BBC, NBC News, Fox News

Lees ook: Donald Trump skuldig bevind op 34 aanklagte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief