Wes-Kaapse regering nooi skole uit na uitgebreide MOD-program

Lees ook :

Foto ter voorstelling - KI ontwerp

WES-KAAP. –  Die Wes-Kaapse regering nooi skole om hierdie Jeugmaand aansoek te doen om as MOD-sentrums te dien.

Skole kan vanaf 1 Julie 2026 tot 14 Augustus 2026 aansoeke indien vir die 2027–2030-siklus.

Dei MOD-program (Massadeelname, Geleentheid en Toegang, Ontwikkeling en Groei), voorsien al vir meer as tien jaar veilige, gestruktureerde naskoolse geleenthede vir jongmense. Die program fokus op sport, kuns, kultuur, leierskapontwikkeling, lewensvaardighede, welstandsondersteuning en die pad na geleenthede.

Volgens ’n verslag uitgereik deur die Wes-Kaapse regering het 98% van deelnemende leerlinge aangedui dat hulle veilig in die program voel. Die verslag dui voorts aan dat 92% hoopvol voel oor die toekoms. Verder het 52% verbeterde welstand getoon.

Wat sportontwikkeling betref, toon die program ook beduidende resultate.  40% Van die Wes-Kaapse span wat by die 2025 Nasionale Skoolsportkampioenskappe was, is afkomstig uit MOD-sentrums.

Skole kan aan ’n aanlyn sessie deelneem of vir ‘n promosietoer (road show) registreer by https://forms.office.com/r/2X9na7pPtF.

Suksesvolle skole ontvang die volgende voordele van die departement van kultuursake en sport (DKAS).

• Twee toegewyde MOD-afrigters
• Ondersteuning deur “YearBeyond Playmakers”
• Plasings van Northlink Kollege-studente
• Toerusting en programhulpbronne
• Jaarlikse befondsing vir operasionele ondersteuning;
• Opleiding en professionele ontwikkelingsgeleenthede en
• Toegang tot spesialiste-vennote en ondersteuningsnetwerke

Die minister, Ricardo Mackenzie, verduidelik dat die MOD-program gaan oor veel meer as net sport of ontspanning. “Dit gaan oor die skep van veilige ruimtes, die bou van selfvertroue, die versterking van gemeenskappe, en om te verseker dat elke jongmens toegang het tot geleenthede wat hulle help om hul volle potensiaal te bereik,”

Bron: Wes-Kaapse regering

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief