Verdagte dood ná skietgeveg met polisie in Centane

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (39) is Vrydag ná ’n skietgeveg met die polisie buite Centane dood. Die polisie wou sy voertuig stop en deursoek, maar hy het glo versnel, gevlug en op die polisie geskiet.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa, sê in ‘n verklaring toe die bestuurder met die Toyota-bakkie uit die dorp vlug, het die polisie hom in die rigting van Macibe gevolg. Die verdagte het tot stilstand gekom en op die polisie geskiet. Die polisie het teruggeskiet en die man is aan sy beserings dood. ‘n 9 mm-pistool en magasyn met lewendige rondtes is teruggevind.

’n Saak van geregtelike doodsondersoek en poging tot moord is geopen. Die voorval sal deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief