Verdagte ná ‘gewapende rooftog’ by natuurreservaat doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Eastern Cape Tourism

OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (21) is Maandag tydens ’n skietvoorval met die polisie by Nothintsila, Ngqeleni, dood. Die skietery het gevolg nadat verdagtes glo die Hluleka-natuurreservaat buite Mthatha van vuurwapens beroof het. Die reservaatbestuurder is glo tydens die rooftog deur die verdagtes gewond.

Lt.kol. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie het inligting van die beweerde gewapende roof ontvang. Lede van die taktiese reaksie-eenheid is na die plaas met die doel om die verdagtes in hegtenis te neem. Naby die plaashuis is hulle deur ’n koeëlreën begroet. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes noodlottig getref, terwyl ander van die toneel gevlug het.

Die ander verdagtes wat gevlug het, het teruggekeer en in die nabygeleë bosse geskiet om die polisie af te skrik. Tydens ondersoek het die polisie ’n 9 mm-pistool (NP 20 parabellum) en lewendige ammunisie gevind.

’n Saak van poging tot moord en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen. Die saak is vir verdere ondersoek aan Opod oorgedra.

Volgens Mawisa sê die SAPD hulle sal nooit in die stryd teen misdaad terugtrek nie en meer gevegsoperasies sal uitgevoer word om die gemeenskap se veiligheid te herstel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief