Verdagtes vasgetrek nadat sertifisering met ‘vals dokument’ skeefloop

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Twee verdagtes, onderskeidelik 50 en 41 jaar oud, is in verband met die besit en vervaardiging van vervalste amptelike dokumente vasgetrek. Die inhegtenisneming is gemaak nadat ‘n man (51) Donderdag die Tabure-polisiekantoor in Central Park besoek het om ‘n rybewys te laat sertifiseer.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring ‘n waaksame polisiebeamtpe het vermoed dat die dokument vervals is. Die verkeersdepartement en wetstoepassingbeamptes is onmiddellik ontbied, waarna bevestig is dat die rybewys vervals is.

Tydens ‘n gesamentlike operasie deur Parkweg-misdaavoorkomingseenheid, die verkeersdepartement en Mangaung-wetstoepassing het ondervraging gelei na ‘n persoon wat glo die dokument vervaardig het. Daarna is die ondersoek na ‘n plaas langs die N6 geneem waar verskeie vervalste materiaal gevind is. Dit het voltooide aansoekvorms vir rybewyse, talle vervalste tydelike rybewyse, asook vervalste voertuiglisensieskywe vir verskeie voertuie ingesluit. Die verdagtes is in hegtenis geneem en word van die besit van vervalste dokumente, bedrog, vervalsing en die gebruik van vervalste dokumente aangekla.

Kareli sê die waaksaamheid van die polisiebeampte en die samewerking tussen die onderskeie wetstoepassingsagentskappe het gelei tot die ontwrigting van ’n netwerk wat by die vervaardiging van vervalste amptelike dokumente betrokke was. Die twee verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief