Verlam deur seldsame neurologiese toestand – 5+ jaar later

Lees ook :

Foto: FiND iT

Desmond Milligan is gedurende Augustus 2021 met Transversale Mielitis gediagnoseer, ’n ernstige ontsteking van die rugmurg wat hom van die middel af ondertoe verlam gelaat het. Die pa wat eens aktief en sterk was se lewe het drasties verander, kort nadat hy sy eerste Pfizer-BioNTech COVID-19 spuit ontvang het. Hy het nou dringende hulp nodig om dokters te spreek en terapie te ondergaan, asook om sy huis en voertuig aan te pas.

Annemarie Nel, ‘n prokureur van die regsfirma PJ Lourens Attorneys, sê in ‘n skarebefondsingsprofiel, kort na die spuit het Milligan ernstige simptome ontwikkel, insluitend aanvalle, erge pyn en vinnige toenemende swakheid, waarna hy gediagnoseer is. Sy toestand het intussen nog glad nie verbeter nie en teen Oktober verlede jaar het sy regterarm ook heeltemal verlam geraak en sy linkerarm versleg boonop. Hy gebruik tans ‘n rolstoel en moet versorg word. Stephany Milligan het die taak op haarself geneem en het haar werk opgegee om na haar man om te sien. Intussen moet Milligan dringend ‘n neuroloog spreek en fisioterapie ontvang. Wat ook baie belangrik is, is dat die pa van twee tienserseuns, onderskeidelik 16 en 13 jaar oud moet probeer om sy rolstoel wat hy tans gebruik met ‘n mobiele elektriese rolstoel te vervang. S

Druk hier om meer te lees. Lees ook hier oor die hofsaak tussen Milligan, die Minister van Gesondheid en Pfizer Laboratoriums.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief