Vermiste tiener van Gauteng dood in Vaalrivier gekry

Lees ook :

Foto: Hoërskool Driehoek

VRYSTAAT. – Thomas Sithole (17) wat by die Vanderbijlpark-polisiekantoor as vermis aangemeld is, se liggaam is Maandag in die Vaalrivier gevind. Sithole, ‘n leerling aan Hoërskool Driehoek, het op 9 Januarie ‘n bootvaart saam met vriende en ‘n ouer, wat ook ‘n gelisensieerde skipper is, op die Vaalrivier onderneem.

Luidens ‘n verklaring van lt.kol. Mavela Masondo is die ligaam deur Sithole se familie uitgeken. Die saak se ondersoek word verder deur Sasolburg-polisiekantoor in die Vrystaat behartig.

Sithole was glo die een oomblik op die boot en die volgende oomblik was hy skoonveld. Sy afwesigheid is opgemerk nadat ‘n passasier van die boot plekke geruil het met ‘n passasier op die jetski. Daar is dadelik na hom begin soek.

Druk hier om ‘n volledige verklaring oor die gebeure deur die skipper van die boot op Vaalweekblad te lees. Volgens die skipper se regsverteenwoordigers was Sithole saam met vriende op die boot op 9 Januarie 2026 vir ’n ontspanningsdag op die Vaalrivier. Die skipper en ’n ander gekwalifiseerde stuurman het die vaartuie bestuur en het veiligheidsprotokolle gehandhaaf.

Sithole en sommige passasiers is in ‘n stadium van die boot af om kos te koop. Met hulle terugkeer het die boot en ‘n jetski na die lanseerplek vertrek. Op pad is gestop sodat ‘n passasier op die boot plekke kon ruil met ‘n passasier op die jetski. Kort daarna is vasgestel dat Sithole nie meer op die boot was nie. ’n Soektog is onmiddellik in die gebied begin. Die polisie se watervleuel is binne 25 minute ontbied, waarna die voorval ook formeel by Vanderbijlpark-SAPD aangemeld is.

Die skipper en van die ander passasiers het die Sithole-familie op 10 Januarie besoek en hulle meegevoel betuig. Sowel die SAPD, Samsa (Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid) en die skipper se span werk saam in die ondersoek.

In die verklaring word die gemeenskap gevra om geen onbevestigde kommentaar op sosiale media te lewer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief