Vervalste goedere van R37 m. gekonfiskeer

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het tydens ‘n intelligensiegedrewe operasie in Johannesburg op vervalste goedere met ‘n geskatte waarde van R37 m. beslag gelê.

AO Wendy Nkabi sê die Valke het inligting ontvang waarna ‘n multi-dissiplinêre span bestaande uit verskeie eenhede van die polisie op verskeie pakhuise in Kerkstraat toegeslaan het.

T-hemde, kortbroeke en seilskoene waarop onder meer die handelsmerke Timberland, Adidas, Reebok, Lacoste en Nike pryk, is gekonfiskeer.

Nkabi sê geen arrestasies is gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief