Vier verdagtes tydens polisie-operasie vir onwettige jag vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Vier verdagtes is Saterdag vir die onwettige jag van ‘n impala (rooibok) in hegtenis geneem en daar is op drie jaggewere beslag gelê.

Sers. Merapelo Pilane sê tydens operasie Vala Umgodi in die Namakwa-distrik is inligting van onwettige mynery op ‘n wildplaas opgevolg. ‘n Mitsubishi Colt-bakkie met vier insittendes het weggejaag toe die polisie opgemerk is. Die taktiese reaksie-eenheid het die voertuig tot stilstand gedwing en deursoek.

“‘n Rooibok-karkas, asook drie jaggewere is gevind. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die vier verdagtes geen jagpermit het nie. Die plaaseienaar het geen kennis gedra van mense wat op sy plaas jag nie.”

Daar is op die karkas en vuurwapens beslag gelê.

Die verdagtes sal vandag op aanklagte van betreding en onwettige jag in die Port Nolloth-landdroshof voorkom.

Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief