Jan Bloukaas, of eerder Jean du Plessis, het ‘n wens uitgespreek en sy aanhangers het nie op hulle laat wag nie. Binne die bestek van vier dae is meer as R100 000 tot sy skarebefondsing bygedra.
Die sanger veg met ‘n positiewe gesindheid teen breinkanker en sy wens is om ‘n laaste album vry te stel en dit te dokumenteer.
Dit is alombekend Bloukaas veg reeds twee jaar teen kanker. Hy het sy aanhangers gereeld oor sy gesondheid ingelig, maar die video’s het begin minder raak. Die sanger bring tans meer tyd in die bed deur, maar is vuur en vlam oor die droom wat hy het.
Enige geskenkte geld wat ná die opneem van die album en dokumentêr oor is, sal deur Bloukaas en sy familie aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) geskenk word.
Lees meer op sy skarebefondsingsblad.