KWAZULU-NATAL. – ’n Man is Donderdag omstreeks 06:45 op die R102 in Cornubia oorlede toe hy volgens ooggetuies voor ’n aankomende vragmotor ingehardloop het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemedaplasing die diens is na die toneel op die suidelike baan, oorkant die Cornubia-woonstelle, ontbied. Die bestuurder van die FUSO 4 ton-vragmotor het aan beamptes gesê dat die man eers langs die pad gestaan het en skielik in die pad voor die voertuig ingehardloop het. Inwoners en die bestuurder van die vragmotor het dieselfde waargeneem. Inwoners van ’n nabygeleë kompleks het gesê die man het ’n geruime tyd langs die pad gestaan en na die verkeer gekyk voordat hy oor die pad gehardloop het. Volgens die bestuurder kon hy nie betyds stop om die voorval te vermy nie.
Die oorledene was kaalvoet en in ‘n hoodie geklee, waarvan die kappiegedeelte met die toutjie styf om sy gesig getrek was. Rusa-paramedici het hom op die toneel dood verklaar.





