Vonds van menslike organe lei tot arrestasie

Lees ook :

SOWETO. – Twee mans is in hegtenis geneem nadat die Johannesburgse Metropolisiediens (JMPD) op twee emmers met menslike organe in Soweto afgekom het.

Luidens verslae het die JMPD inliting ontvang oor ‘n voertuig wat by ‘n huis in die omgewing gestroop is. Met hul aankoms is ’n gekaapte VW Caddy in die motorhuis gekry. Die verdagtes was reeds besig om die voertuig, wat aan die departement van gesondheid behoort, uitmekaar te haal.

Beamptes het twee verdagtes in hegtenis geneem wat in die agterplaas weggekruip het.

Met deursoeking van die eiendom is op emmers met menslike organe afgekom.

Die polisie is tans besig met ‘n dringende ondersoek om vas te stel waar die organe vandaan kom. Luidens verslae moet bepaal word of dit uit ‘n lykshuis gesteel is en of daar ‘n ander misdaad by betrokke is. Die polisie is ook op soek na die eienaar van die huis.

Tans word die verdagtes by die Naledi-polisiekantoor aangehou en word aangekla van die besit van ʼn gekaapte voertuig en die besit van menslike organe.

Bron: RosestadFM, Prime Time News SA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief