Voormalige polisiebeampte gevonnis wat vrou in aanhouding verkrag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – ‘n Voormalige adjudant-offisier, Anthony Sekutinyane, is deur die Barkly Wes-streekhof tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy is skuldig bevind is dat hy ‘n vrou (23) wat in ‘n aanhoudingsel was, op 8 Augustus 2022 verkrag het. Die slagoffer is by die polisiekantoor aangehou nadat haar ma die polisie weens huishoudelike konflik ontbied het.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beskuldigde was die betrokke nag die skofbevelvoerder aan diens. Hy het teenoor die slagoffer, teen wie daar ‘n beskermingsbevel uitgereik was, beweer hy het R500 vir haar borgtog-vrylating betaal. Hy het daarna seksuele gunste geëis. Toe die slagoffer vra om haar suster te bel om die geld terug te betaal, het Sekutinyane aggressief geraak en haar in die sel verkrag.

DNS-bewyse op die slagoffer se klere het Sekutinyane se betrokkenheid bevestig. Tydens die verhoor het Sekutinyane beweer die handeling was met toestemming, maar die hof het hierdie verdediging van die hand gewys. Die verkragter is uit die polisie ontslaan.

Oppelt-Henderson, streekshofaanklaer, het aangevoer dat Sekutinyane sy gesag misbruik het en die polisie se vertroue ondermyn het. Die hof het dit in ag geneem en die vonnis opgelê.

Sekutinyane se naam is in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring en hy is as ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief