Voormalige skool-finansiële beampte skuldig aan bedrog en diefstal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Lorraine Scheepers (60), ’n voormalige finansiële klerk by Laerskool Akasia, is deur die Pretoria-Noord-landdroshof aan bedrog en diefstal skuldig bevind en gevonnis. Scheepers is drie jaar tronkstraf opgelê, geheel opgeskort vir vyf jaar en is beveel om R210 000 aan die skool terug te betaal.

Luidens ‘n verklaring deur Steve Mabona, GDO-woordvoerder, het die departement se teen-korrupsie eenheid ná ‘n anonieme wenk ‘n ondersoek na beweerde bedrieglike bedrywighede geloods. Met die ondersoek is bevind Scheepers het tussen 2019 en 2021 ongeveer R846 000 van skoolgeld gesteel en bankstate gemanipuleer om die diefstal te verberg.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in die provinsie, het dié departement vir sy werk geprys en beklemtoon daar is ‘n zero-toleransiebeleid teen korrupsie in skole.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief