Voortvlugtige gesoek vir beweerde betrokkenheid by polisiekaptein se dood

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Blessing Fakude word deur die polisie gesoek vir sy beweerde betrokkenheid by kapt. Sibusiso Mthombothi (44) se dood by ‘n karwassery in Kanyamazane op 13 Januarie 2024.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi sê die Kabokweni-landdroshof het op 22 April ‘n lasbrief vir Fakude se inhegtenisneming uitgereik.

Jacky Sibusiso Ntiwane (Maseko) (35) is op 20 Maart vir sy beweerde betrokkenheid by die moordsaak in hegtenis geneem. Polisielede het die oggend omstreeks 02:00 die huis van die gewapende verdagte genader. Hy is in hegtenis geneem en het op 22 Maart in die hof verskyn, waarna sy saak vir borgaansoek tot 4 April uitgestel is. Hy het tydens die hofverskyning borg vir sy eie veiligheid laat vaar. Die saak is tot 10 Mei uitgestel en hy bly in aanhouding.

Gen.maj. Gerber, provinsiale hoof van die Valke, versoek Fakude om na vore te kom. Enigiemand wat weet waar Fakude hom bevind, kan kapt. Mduduzi Comfort Mkhonza by 082 304 00520 kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief