Vrou dood ná skietvoorval in Westville-kroeg

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou in haar laat veertigs is Maandagmiddag ná ’n skietvoorval in ’n gewilde kroeg in Jan Hofmeyrweg, Westville, dood aangetref.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het net ná 13:40 op die toneel opgedaag, waar die polisie en veiligheidsbeamptes reeds teenwoordig was. Die vrou is met ‘n skietwond in die kroeg op die vloer aangetref. Paramedici het geen tekens van lewe gevind nie en sy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die voorval is nog onbekend, maar dit word vermoed dat dit verband hou met ’n huishoudelike rusie. Die Westville-polisiekantoor ondersoek die skietvoorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief