Vrou sterf 2 weke ná baba se geboorte

Lees ook :

Foto's: Suzette Jansen

GAUTENG. – Christenne Meyer (23) is op 5 Januarie oorlede, nadat sy glo komplikasies ontwikkel het ná ’n tuisgeboorte, volgens inligting wat op sosiale media gedeel is. Met ‘n paar weke oue babadogter is dié familie van Pretoria nou besig om ‘n begrafnis te reël.

Alicia Meyer het oor haar suster se afsterwe in ’n emosionele huldeblyk gesê die familie se harte het die middag gebreek toe Christenne oorlede is. Volgens haar sal Christenne se nalatenskap voortleef in herinneringe, liefde en die lewens wat sy geraak het. Sy het ook die publiek bedank vir hul ondersteuning en gevra dat die familie, en veral Christenne se baba, in mense se gedagtes gehou word.

Suzette Jansen, ’n kliniese sielkundige wat die familie ondersteun, het intussen meer besonderhede op haar Facebook-blad oor die omstandighede rondom Christenne se dood bekend gemaak. Volgens haar het Christenne op 22 Desember 2025 tuis geboorte geskenk en is deur ’n privaat vroedvrou bygestaan. Enkele dae later het Christenne se gesondheid vinnig verswak, waarna sy op Kersdag met septisemie in ’n hospitaal-waakeenheid opgeneem is. Sy is vir nege dae behandel en is met ernstige infeksie en veelvuldige orgaanversaking gediagnoseer. Sy moes onder meer ’n histerektomie ondergaan en is op lewensondersteuning geplaas. Die familie is vroegoggend op 5 Januarie na die hospitaal ontbied, waar hulle meegedeel is dat Christenne breindood verklaar is. Lewensondersteuning is daarna gestaak en sy is later dieselfde middag oorlede.

Jansen het beweer dat die komplikasies moontlik verband hou met ’n mediese nalatigheid tydens die bevalling, naamlik dat dele van die plasenta, nog binne-in Christenne, nie ná die geboorte opgemerk is nie. Sy het aangedui dat hierdie bewerings nog ondersoek moet word, maar het ’n beroep gedoen dat die saak by relevante gesondheidsowerhede en die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad aangemeld moet word.

Christenne se dood het nuwe vrae laat ontstaan oor die veiligheid van tuisgeboortes en toesig deur privaat vroedvroue. Volgens Jansen is dit nie die eerste keer dat ernstige komplikasies tydens privaat bevallings in die Pretoria-gebied aangemeld word nie.

Christenne Meyer laat haar ouers, familie en ’n baba van net oor die twee weke oud, haar eerste kind, agter. Huldeblyke stroom steeds op sosiale media in, waar mense haar onthou as ’n jong vrou wie se lewe te vroeg beëindig is.

Die betrokke praktyk, waarvan die naam weerhou word, het intussen met prokureursbriewe en hofbevele aan Jansen gereageer. Jansen kry gemengde boodskappe op haar sosialemediaplasings van diegene met soortgelyke ondervindings en die herinneringe wat teruggebring is deur Meyer se afsterwe. Daar is ook diegene wat noem dat hulle tydens geboorte wonderlike hulp van die betrokke praktyk ontvang het. Jansen sê voorts sy het die vroedvrou en die praktyk se name bekend gemaak omdat dit openbare inligting is.

Intussen sê Jansen daar is geen wenners in hierdie saak nie. “Ouers het hul dogter verloor; ’n klein dogtertjie gaan grootword sonder haar primêre versorger, haar ma … en ’n vroedvrou veg verbete om haar reputasie te beskerm.”

Alicia Meyer het gesê: “05/01/2026, om 14:28, het ons harte gebreek op ’n manier wat geen woorde ooit volkome sal kan beskryf nie. My pragtige suster het haar vlerke gekry en is nou ons engel.

Sy het so dapper geveg en so diep liefgehad. Selfs in haar moeilikste oomblikke het haar krag, goedhartigheid en lig nooit verdwyn nie. Daardie lig sal vir altyd in elkeen van ons voortleef. Ons vind troos daarin om te weet dat sy nou veilig is, in vrede, en vasgehou word in die arms van die hemel – vry van pyn en besig om met liefde oor ons te waak. Al is sy nie meer fisies by ons nie, sal sy altyd by ons wees in gees, in herinneringe, in lag, en in elke stil oomblik waarin ons haar teenwoordigheid voel. Dankie aan almal vir die liefde, gebede en ondersteuning gedurende hierdie ondenkbaar moeilike tyd. Hou asseblief ons familie, en veral haar kosbare baba, in julle gedagtes terwyl ons leer om hierdie verlies te dra en haar mooi lewe te eer.

Ons sal jou vir altyd liefhê. Tot ons mekaar weer sien.”

Suzette Jansen, het gesê: CHRISTENNE Meyer ..she lost her life on 5th of January 2026 due to malpractise of a midwife..

Her little baby girl will never know her mother. She will never experience the joy of motherhood. Remember her name. She is CHRISTENNE MEYER 23 YEARS OLD. May her memory for ever be a blessing to her grieving loved ones. In memory of 23 year old Christenne Meyer WHO DIED TODAY the 5th of January 2026. After a home delivery by a midwife on the 22nd of December 2026.

THE STORY of CHRISTENNE

23 year old Christenne gave birth to her first baby, a little girl, on the 22nd of December 2025. By the 25th of December she was admitted into ICU, primary cause septicaemia.. she had to undergo a hysterectomy.. went into Cardiac arrest and Kidney Failure..

Due to the medical neglect of a midwife who did not notice that the full placenta was not delivered after the natural birth. She did not note part of the placenta was stuck in the uterus.. resulting in Christine developing septicaemia, a placenta is supposed to be examined after birth to make sure parts are not stuck in the uterus.

Early this morning on the 5th of January 2026 the parents of Christenne Meyer got a call from the hospital urging them to come to the hospital as soon as possible. On their arrival they were notified that their youngest child was in complete kidney failure and declared brain dead. Life support was ceased and around 2 p.m. this afternoon 5 January 2026 Christine Meyer passed away.

This happened primary due to a retained placenta which was not noticed .. but none the less.. which lead to severe infection, and a lot of other complications in the condition of Christine Meyer (23) which resulted in a healthy young woman spending 9 days in ICU.. on a ventilator.. and eventually paid with her life today.

Her Baby of 14 days will never know what it’s like to be loved by her Mother.. never know her mother.. This is not the first case of a private midwife making gross mistakes during deliveries in Pretoria.. costing lives.

If you are currently pregnant.. a home birth might sound great.. or like a better option.. please be aware that a nurse might cost you your or maybe the life of your baby.. complications can occur and at home or in a birth clinic if the nessesery equipment are not available to save lives.

I feel strongly that these nurses should be marked and a direct complain against them laid at the South African Nursing Counsel.. the Department of Health and at the Board of health care funders ! @highlight

Sincere Condolences to the Meyer Family ..!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief