Vrou vas nadat sy glo kêrel se voertuig gebruik en ongeluk maak

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (20) is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel se Toyota Corolla sonder toestemming geneem en in ‘n ongeluk op Inandaweg, naby Trenence Park, beskadig het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing ‘n oproep is Saterdag omstreeks 07:00 ontvang van ‘n man oor sy voertuig wat sonder sy toestemming geneem is nadat hy die nag saam met die vrou in ‘n hotel in La Mercy deurgebring het. Volgens die man het die vrou glo met sy voertuig weggery terwyl hy in die badkamer was. Rusa-beamptes het die voertuig begin soek en is kort daarna na ‘n ongelukstoneel ontbied. Op die toneel het hulle ’n silwerkleurige Toyota Corolla op sy sy aangetref en bevestig dat dit dieselfde voertuig is wat vroeër as gesteel aangemeld is.

Die vrou het aan beamptes gesê sy het die motor geneem om sigarette te gaan koop en was op pad terug na La Mercy toe sy beheer oor die voertuig verloor het. Die motor het omgeslaan en teen ’n huis gebots, wat skade aan die gebou veroorsaak het. Daar is ook vasgestel dat die vrou nie ’n bestuurslisensie het nie.

Rusa sê die vrou is deur die polisie in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief