Die Vrystaat berei voor vir ’n nasionale protesaksie op 30 Junie. Lt.genl. Thabang Lesia het opdrag gegee dat streng veiligheidsmaatreëls ingestel word.
Lesia het op 21 Junie met sleutelrolspelers vergader. Privaat veiligheidsmaatskappye is gevra om saam met die polisie te werk. Kritieke infrastruktuur sal beskerm word.
Volgens die polisie is inligtingswerk reeds gedoen, bedreigingsontledings afgehandel en polisielede strategies geplaas.
Die Grondwet waarborg die reg op vreedsame protesaksie, maar geweld, beskadiging van eiendom en versperrings sal nie geduld word nie.
Lesia het beklemtoon dat die SAPD verbind is tot die beskerming van alle mense terwyl orde gehandhaaf word.e handhaaf word.





