NASIONAAL. – Altesaam 209 MG MG3-voertuie wat sedert 30 Augustus 2025 landwyd verkoop is, is deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) weens ‘n produkveiligheidsrisiko teruggeroep vir inspeksie.
Volgens die NVK, soos deur SAIC South Africa (Edms.) Bpk., wat handel dryf as MG Motor Suid-Afrika, aangemeld is, kan ‘n meganiese fout tydens tot ’n verhoogde risiko van besering tydens ‘n botsing lei.
Eienaars van die betrokke voertuie word aangeraai om hul voertuie na die naaste gemagtigde MG-handelaar vir inspeksie te neem. Alle ondersoeke en herstelwerk sal kosteloos gedoen word.






