Wat jy oor verkeersboetes en jou regte moet weet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Verkeersbeamptes mag nie ’n bestuurder by ’n padblokkade dwing om ’n uitstaande verkeersboete te betaal, of ’n geldige rybewys in beslag neem, tensy daar ’n geldige hofbevel is nie, sê Mike Bolhuis.

Bolhuis van Specialised Security Services sê verkeersbeamptes kan wel ’n boete of dagvaarding uitreik en jou versoek om jou dokumente te toon, maar onmiddellike betaling op die toneel is nie wettig nie. “As ’n beampte probeer om jou te dwing om dadelik te betaal, kan jy beleefd weier en versoek dat die amptelike kennisgewing of dagvaarding uitgereik word.” Onbetaalde boetes kan egter deur administratiewe of hofprosesse afgedwing word, insluitend dagvaardings, uitvoeringsbevele, beslaglegging op bates, of administratiewe beperking van lisensies. Die publiek moet liefs boetes betaal, betalingsreëlings tref, of die boetes regstreeks deur wettige kanale betwis.

Beslaglegging op ‘n geldige rybewys is slegs wettig indien daar ’n ander regverdige rede bestaan, soos ’n hofbevel of ’n vervalste dokument. By padblokkades moet bestuurders ssaamwerk, hul dokumente beskikbaar stel en beleefd bly teenoor beamptes. Indien ’n bestuurder van mening is dat sy regte geskend word, word hy of sy aangeraai om die saak aan die toepaslike owerhede te rapporteer.

Druk hier om meer te lees. Of lees hier verder: https://www.arrivealive.co.za/rights-and-obligations-when-stopped-by-a-traffic-officer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief