Wêreld-oseanedag gevier

Lees ook :

Wêreld-oseanedag wat vandag 8 Junie wêreldwyd gevier word, het ten doel om bewustheid te skep oor die rol van die oseane en die belangrikheid daarvan om ons mariene omgewing te bewaar en te beskerm.

Hierdie spesiale dag bied ’n geleentheid om die wêreld se gedeelde oseane te vier en bewusmaking te bevorder oor die deurslaggewende rol wat die oseaan in mense se lewens speel. Die oseane, wat 71% van die aarde se oppervlak bedek, is noodsaaklik vir voedselsekerheid en vir die gesondheid en voortbestaan van alle lewe. Hulle dryf ook ons klimaat aan en vorm ’n kritieke deel van die biosfeer, produseer ongeveer die helfte van die suurstof wat ons inasem en absorbeer nagenoeg ‘n kwart van die mensdom se koolstofdioksiedvrystellings.

Wêreldoseaandag bied ’n geleentheid om die wêreld bewus te maak van die huidige uitdagings waarmee die internasionale gemeenskap ten opsigte van die oseane gekonfronteer word. Klimaatsverandering word as die grootste langtermynbedreiging vir die wêreld se oseane beskou. Kort op die hakke daarvan is plastiek- en chemiese besoedeling, die onverantwoordelike uitroei van vislewe en die vernietiging van habitatte.

Bron: www.gov.za, Ocean Conservation Namibia

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief