Wes-Kaapse polisiekaptein kry opgeskorte vonnis vir aanranding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Kapt. Marthinus Muller (54) is ’n opgeskorte vonnis van ses maande tronkstraf of ’n boete van R1 000 opgelê, nadat hy skuldig bevind is aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê die kaptein is vir die aanranding van David KIalolo (28), wat op 3 November 2024 plaasgevind het, gevonnis. Lede van die provinsiale operasionele bevelsentrum (POCC) het Kalolo se huis besoek om ’n deursoeking uit te voer. Hy en sy vriendin is tydens die besoek glo rof behandel en die woning is deurmekaar gelaat, al is niks onwettigs gevind nie.

Kalolo is daarna na ’n polisiekantoor om ’n klagte in te dien. Daar het hy dieselfde beamptes opgemerk en hulle met sy selfoon begin verfilm. Muller, wat die bevelvoerder was, het hom glo gesien en na sy kantoor geneem waar hy hom verskeie kere geklap het. Die voorval is deur kameras in die kantoor vasgevang. Daarna is Kalolo glo na buite geneem waar Muller hom met ’n mes gedreig het voordat hy hom in ’n polisievoertuig gedwing en later by ’n vulstasie afgelaai het.

Die saak is by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld, wat tot Muller se vervolging en uiteindelike vonnis gelei het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief