MPUMALANGA. – ’n Witrenoster wat in nood verkeer het, is Maandagmiddag veilig na die Krugerwildtuin teruggeneem nadat ’n span van verskeie afdelings van die park betyds ingegryp het. Verkeer is tydelik aan albei kante van die Paul Kruger-hek tot stilstand gebring om die dier se veiligheid te verseker.
Volgens ‘n plasing op die SANParke Kruger National Park Facebook-blad is die reddingspoging, onder leiding van veldwagtersdienste aangepak. Met die stilstaande verkeer is die dier, wat in ‘n swak toestand was en vasgesit het in ‘n posisie waaruit hy nie self kon ontsnap nie, deur Sabi Sands gemonitor. Stygende rivierwater het die situasie verder bemoeilik.
Danksy goeie koördinering en samewerking tussen die betrokke spanne is die renoster veilig terug in die park hervestig.








