10 halfnaakte tieners gered, verdagte in hegtenis geneem

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Altesaam 10 tienerseuns is Dinsdag in Johannesburg gered en ’n buitelandse burger (47) in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring van kol. Katlego Mogale van die Valke is ‘n gesamentlike operasie deur verskeie rolspelers geloods nadat JMPD-beamptes tydens patrolliediens op agt halfnaakte tieners wat in Broadstraat in Mulbarton gestap het, afgekom het. Daar is vasgestel dat die tieners van die buiteland is en nie Engels kon praat nie. Nog twee seuns was reeds in ’n blou VW Jetta weggery. Die voertuig is later in die gebied opgespoor, waarop die bestuurder gevlug het. ’n Jaagtog het gevolg wat in Commissionerstraat geëindig het. Die twee tieners in die voertuig is gered en die verdagte is in hegtenis geneem.

Hy sal Donderdag op aanklagte van oortreding van die immigrasiewet en vermoedelike mensehandel in die Booysens-landdroshof voorkom. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief