GAUTENG. – 11 leerlinge het vanoggend (Maandag) in ‘n ongeluk met privaat skoliervervoer in die Vanderbijlpark-gebied gesterf. Vyf leerlinge is kritiek beseer en is vir dringende mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer. Die ongeluk tussen ‘n minibus en vragmotor het op die Goue Hoofweg naby Mittal plaasgevind.
Steve Mabona, die woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê die LUR, Matome Chiloane, besoek die toneel en verdere bevestigde besonderhede sal bekend gemaak word, sodra dit beskikbaar is.
Nooddienste is steeds op die toneel besig.
Bronne: Gauteng Departement van Onderwys, Flying News Live Update ZA 365/24/7





