13-jarige held swem sowat 4 km om gesin te red

Lees ook :

Foto: Sky News

AUSTRALIë. – ’n 13-jarige seun word as ’n held beskou nadat hy sowat vier kilometer deur rowwe, haai-deurtrekte waters geswem het om hulp vir sy gesin te ontbied. Die gesin is deur sterk wind op hul opblaas-roeiplanke (paddle boards) en kajakke die see in gewaai.

Die familie was met vakansie by Quindalup aan die Australiese suidkus toe hulle dieper die see in beland het. Die seun, wat gaan hulp soek het, se kajak het water begin inneem, wat hom gedwing het om die res van die afstand strand toe te swem. Hy het van verskeie swemstyle gebruik gemaak en van moegheid ineengestort nadat hy die strand bereik het. Die jong seun het egter weer opgestaan en sowat twee kilometer gehardloop om hulp te ontbied.

Owerhede is eers van die noodsituasie bewus gemaak nadat die seun alarm gemaak het. ’n Grootskaalse reddingsoperasie is van stapel gestuur, met betrokkenheid van lug- en see-eenhede, insluitend reddingsvaartuie en ’n helikopter. Sy 47-jarige ma en twee jonger sibbe is sowat 14 kilometer van die kus af gered, waar hulle aan ’n roeiplank vasgeklou het. Volgens reddingsdienste het die dra van reddingsbaadjies ’n belangrike rol in hul oorlewing gespeel.

Reddingsbeamptes en polisie het die tiener se optrede as “byna bomenslik” beskryf en gesê sy vasberadenheid en moed het waarskynlik sy gesin se lewens gered.

Bronne: Naturaliste Volunteer Marine Rescue Group, Marine Rescue Busselton, Sky News, news.com.au, abc.net.au, NZ Herald

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief