16-jarige wat tydens ‘Hell Run’ sterf, wek kommer

Lees ook :

Foto: Rdl. Emre Uygun

KAAPSTAD. – Die dood van ’n 16-jarige seun in ’n voorval op die N2, wat bekend staan as die “Hell Run”, beklemtoon volgens die VF Plus die voortdurende gevaar wat dié pad vir motoriste inhou én vir “jongmense wat deur misdaadsindikate uitgebuit word”.

Emre Uygun, VF Plus-raadslid in die Stad Kaapstad, sê hoewel voorvalle ná herhaalde oproepe om strenger veiligheidsmaatreëls afgeneem het, bly die bedreiging ’n daaglikse werklikheid. Volgens Uygun is veral pendelaars kwesbaar omdat baie van hulle geen alternatiewe roete het nie en tydens spitstye in swaar verkeer vasgekeer kan word. Die VF Plus doen ’n beroep op die polisie en verkeersdienste om gedurende spitstye ’n sterker en meer sigbare teenwoordigheid langs die N2 te handhaaf, veral op plekke waar motoriste die kwesbaarste is.

Uygun sê misdaadsindikate buit na bewering minderjariges uit en werf hulle vir kriminele bedrywighede. Hy meen gemeenskapsveiligheidstrukture in omliggende informele nedersettings moet versterk word om jongmense te help beskerm. Hy doen ook ’n beroep op Sanral, die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering om die beplande N2-muur en ander maatreëls om ontsnaproetes te beperk, te bespoedig. Volgens Uygun moet die jong seun se dood as ’n wekroep dien dat daar dringend opgetree moet word om verdere sterftes op die N2 te voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief