2 liggame en voertuig uit Krokodilrivier gehaal

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Twee liggame is uit die Krokodilrivier naby Nelspruit gehaal nadat ’n voertuig in die water beland het, terwyl ’n soektog steeds aan die gang is na ’n moontlike derde persoon wat nog vermis word. ‘n SUV het Sondagoggend omstreeks 04:00 vermoedelik van die rigting van die Universiteit van Mpumalanga na KaMagugu se aansluiting gery toe dit in die rivier beland het.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die soektog vanoggend hervat is. ‘n Soek-en-reddingspan van die polisie het Sondag twee liggame met behulp van reddingskake uit ’n wit SUV in die Krokodilrivier naby KaMagugu gehaal. Die SUV is ook aan wal gebring.

Die oorledenes is ’n 20-jarige man en ’n jong vrou tussen 18 en 23 jaar oud. Die man is reeds deur familie geïdentifiseer, terwyl die vrou se identiteit nog bevestig moet word. ’n Ander familie het na vore gekom en gesê hul seun was glo saam in die voertuig en het nog nie teruggekeer huis toe nie. Hulle vermoed hy kan die derde persoon wees na wie tans gesoek word.

’n Saak van strafbare manslag is geopen en ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief