2 verdagtes vas ná beweerde rooftogte in Alberton

Lees ook :

Foto: CPS Security

GAUTENG. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem ná twee beweerde straatrooftogte wat Vrydag in die General Alberts Park- en Mayberry Park-omgewing plaasgevind het.

CPS Security sê saam met React 24 is die verdagte voertuig opgespoor en die twee verdagtes later by ’n perseel in die omgewing aangetref. Tydens die operasie is ’n speelgoed- of “blank”-vuurwapen en vermoedelike dwelms (Mandrax) gevind. Verskeie gesteelde items, insluitend selfone, is later by ’n plaaslike pandjieswinkel teruggevind. Een van die slagoffers het reeds ‘n saak oopgemaak en inwoners wat moontlik ook slagoffers van rooftogte was, word aangemoedig om na vore te kom.

Beamptes van die Alberton-polisiekantoor het die verdagtes in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief