Brekende Nuus
Afrikaans

200 bergklimmers op Everest wag steeds op hulp

200 bergklimmers op Everest wag steeds op hulp 

fotokrediet: Canva
200 bergklimmers op Everest wag steeds op hulp fotokrediet: Canva

EVEREST. – Die 200 klimmers wat die naweek tydens ‘n hewige sneeustorm aan die oostekant van die berg Everest vasgekeer is, wag steeds op hulp, met Chinese reddingswerkers wat onverpoos werk om by hulle uit te kom.

Lees ook: 200 klimmers steeds vas op Everest, een dood

Die klimmers is op ‘n hoogte van 4 900 meter vasgekeer. Plaaslike inwoners en reddingswerkers is gestuur om die sneeu weg te werk.

Die 200 klimmers sal in fases van die berg deur reddingswerkers bergaf gebring word. Behalwe die 200, is nog klimmers op ander dele van die berg soek. Oktober is ‘n gewilde maand om die berg te besoek, veral vir Chinese wat ‘n 8-dae vakansie vanaf 1 Oktober geniet.

Bronne: NBC News, ABC News Australia, The Sun

Lees ook: 200 klimmers steeds vas op Everest, een dood