22 monnike op lughawe in hegtenis oor dagga in bagasie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

COLOMBO. – Altesaam 22 Boeddhistiese monnike van Sri Lanka is Saterdag vir beweerde dwelmsmokkelary by ’n lughawe in Colombo in hegtenis geneem nadat sowat 110 kg dagga in hul bagasie ontdek is. Die groep, hoofsaaklik studente, het van ’n vakansie in Thailand teruggekeer wat deur ’n onbekende borg betaal is. Tydens die polisie se ondersoek is foto’s en video’s op selfone gevind wat wys hoe die monnike hul tyd oorsee geniet het.

Die dwelms was in versteekte kompartemente in hul tasse. Ongeveer 5 kg van die sterk variant “Kush” is by elkeen gevind. Nog ‘n monnik wat glo die reis gereël het, is later in hegtenis geneem. Hy het na bewering aan die groep gesê die pakkies is donasies wat later opgelaai sou word. Die Sri Lanka-polisie ondersoek of sommige van die monnike moontlik nie geweet het wat hulle in hulle bagasie dra nie. Dit was tussen skoolitems en lekkers versteek.

Die verdagtes het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding terwyl ondersoeke voortduur.

Bronne: BBC, CBS News, News Nation en The New York Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief