3 mans deur gemeenskap doodgeslaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Drie mans is dood nadat hulle deur lede van die gemeenskap in Kwaggafontein aangeval en geslaan is. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorval het Donderdag omstreeks 18:00 plaasgevind toe polisiebeamptes wat roetinepatrollies gedoen het deur ’n lid van die gemeenskap voorgekeer is. Volgens die inligting is die polisie meegedeel dat ’n persoon glo by Vrisch Gewagt, Kwaggafontein ontvoer is, waarna beamptes begin het om na die verdagtes te soek. Terwyl hulle by Gembokspruit was, het die beamptes ’n groep gemeenskapslede opgemerk wat drie mense aangeval het. Die slagoffers was glo in ’n Toyota RunX en ’n VW Polo. Paramedici is ontbied, maar die drie mans is weens ernstige beserings op die toneel dood verklaar.

Geen arrestasies is nog gemaak nie en die polisie ondersoek die saak en is op soek na die verdagtes.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval van vigilante optrede sterk veroordeel. Hy het gewaarsku dat dit ’n ernstige misdryf is om die reg in eie hande te neem en het gemeenskappe aangemoedig om misdaad by die polisie aan te meld sodat dit deur wettige prosesse ondersoek kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief