Brekende Nuus
Nuus

3 verdagtes vas ná skietery

Foto: Mi7

KWAZULU-NATAL. – Drie verdagtes is Donderdagaand in Marburg in hegtenis geneem nadat ’n man beweer het dat insittendes van ’n voertuig hom agternagesit en op hom geskiet het.

Volgens Mi7 het die klaer omstreeks 23:30 by dié diens se reaksiebeamptes op Sugar Milweg vir hulp aangeklop. ‘n Beskrywing van die voertuig en die registrasienommer is verskaf. Die voertuig is kort daarna gewaar, maar die bestuurder het glo weggejaag toe beamptes hom probeer voorkeer het. ’n Agtervolging op die N2 in die rigting van Paddock het gevolg totdat Mi7-lede die voertuig onderskep en twee verdagtes in hegtenis geneem het.

Die polisie is ontbied en het tydens ’n deursoeking van die voertuig twee vuurwapens gevind. ’n Derde verdagte het volgens Mi7 later op die toneel opgedaag en is ook in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.