Brekende Nuus
Nuus

31 000 minder mense werk as huishoudelike werkers

Foto: Ter illustrasie

Sowat 800 000 mense het van Julie tot September vanjaar as huishoudelike werkers in Suid-Afrika gewerk, 31 000 minder as in die voorafgaande drie maande. Dit is ’n daling van 3,7%, volgens Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmagopname wat Dinsdag 10 November bekend gemaak is.

Volgens Statistieke SA het die aantal mense wat as huishoudelike werkers werk vir die tweede agtereenvolgende kwartaal gedaal. Van April tot Junie het die getal reeds met 14 000 afgeneem. Teen die derde kwartaal was daar 48 000 minder mense in dié beroep as in dieselfde kwartaal van 2025, ’n afname van 5,6%.

Die daling onder huishoudelike werkers kom in ’n kwartaal waarin die totale getal werkendes landwyd met 101 000 tot 16,8 miljoen gestyg het. Die aantal werklose mense het terselfdertyd met 97 000 toegeneem en die amptelike werkloosheidskoers het van 33,6% tot 33,7% gestyg.

Bron: Statistiek SA- Kwartaalikse arbeidsmagopname, 3de kwartaal, tabel C – bl. 5