4 liggame gevind nadat motor in rivier beland

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Vier mense is dood nadat ’n voertuig by ’n oorstroomde brug in die Sebayeng-polisiëringsgebied naby Polokwane in ’n rivier beland het.

Polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, sê vyf mense het Sondagoggend (8 Maart) in ’n blou Renault Kwid op die grondpad tussen Madiga- en Makotopong-dorpe gery toe dit glo eers by ‘n oorstroomde brug oor die Makotopongrivier omgeslaan en daarna deur die water meegesleur is. Een van die insittendes kon uit die voertuig ontsnap en het die polisie en nooddienste ontbied. Die provinsiale soek-en-reddingspan het Sondag op die toneel begin soek en die liggaam van Lebapa Petrus Mochitele (27) van Madiga-dorp uit die water gehaal. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die soektog het Maandag voortgeduur. Eers is die voertuig opgespoor en nog drie liggame is uit die water gehaal. Die oorledenes is geïdentifiseer as Seobi Dikgale (33), Betty Makokoane (22) en Shellote Dikgale (30), almal van Madiga-dorp.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief