4 verdagtes in skietery met polisie dood

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vier verdagtes is Donderdagmiddag tydens ’n skietery met die polisie by Adam’s Mission in die KwaMakhutha-gebied, suid van Durban, dood.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, was die polisie met ‘n intelligensiegedrewe operasie besig toe hulle ’n voertuig onderskep het wat volgens beskrywing met ’n reeks gewelddadige misdade, insluitend huisroof, gewapende rooftogte, ontvoerings en kapings, in Umbumbulu verbind word. ’n Skietery het in Sheleniweg uitgebreek waartydens die vier verdagtes noodlottig gewond is.

Een verdagte het ontsnap en ’n soektog is aan die gang na hom. Geen polisielid is beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief