5 in hegtenis ná inbraak by ‘houerwinkels’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat daar vroeg Dinsdagoggend in Woody Glen, ‘n Mpumalanga-woonbuurt in Hammarsdale, by verskeie houerwinkels (containers) ingebreek is. Die polisie het inwoners wat aan optogte deelneem, versoek om hulle van geweld, misdadige optrede en intimidasie te weerhou.

Polisiewoordvoerder kol. Robert Netshiunda sê beamptes het vinnig opgetree nadat berigte ontvang is van ‘n groep mense wat by die houerwinkels in Embuthweni-hoofweg, Eenheid 4, ingebreek het. Een verdagte is in ‘n winkel aangekeer, terwyl die ander vier vasgetrek is toe hulle probeer weghardloop het. Die verdagtes, tussen 14 en 27 jaar oud, sal na verwagting van sake-inbraak en kwaadwillige beskadiging van eiendom aangekla word en binnekort in die hof verskyn.

Hoewel die polisie optogte sal beveilig, sal enige oortreding van die wet streng hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief