Brekende Nuus
Nuus

55-jarige man in Wellington vermis

Foto: DFW Fire & Rescue NPC

WES-KAAP. – ’n Soektog is aan die gang na Jan Lingenfelder (55), wat Maandagmiddag vermis geraak het, nadat hy omstreeks 17:00 by Leeuwtuin Estate naby Wellington gaan stap het. 

Volgens DFW Fire & Rescue NPC word daar vermoed dat hy moontlik in die rigting van Cannetsfontijn-plaas naby Bainskloof gestap het. Lingenfelder het ’n harttoestand en het nie sy selfoon saamgeneem nie. Die polisie, Mountain Rescue, Metro Rescue, brand- en reddingsdienste, veiligheidsorganisasies en gemeenskapslede is by die soektog betrokke.

Enigiemand met inligting oor waar Lingenfelder homself bevind, kan 078 693 7888 (insidentbevelvoerder) of 084 752 8120 (DFW Fire & Rescue) bel.