60-jarige vrou vas ná vermoedelik gesteelde bokke gevind is

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n 60-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat die polisie sewe bokke wat vermoedelik gesteel is, op ‘n perseel in Luxolweni naby Zwelitsha gevind het. Sy staan tereg op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde vee en die ontvangs van gesteelde vee of veeprodukte.

Kapt. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, sê die inhegtenisneming het Woensdag gevolg op inligting wat deur die Qonce-veediefstaleenheid en lede van die Zele-polisie ontvang is. Inligting het aangedui dat bokke na bewering gedurende Mei vanjaar in die Zele-polisiëringsgebied gesteel is. ‘n Deursoeking is uitgevoer, waatydens die bokke, wat vermoedelik met die veediefstal verbind word, gevind is. Die bokke sal deel vorm van die voortgesette ondersoek om die regmatige eienaars vas te stel en te bepaal of nog verdagtes by die misdaad betrokke was.

Die 60-jarige vrou verskyn na verwagting vandag in die Qonce-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief