67 van 133 gered nadat veerboot omslaan

Lees ook :

Foto's: Guyana Ministry of Public Works

INTERNASIONAAL. – ‘n Groot soek-en-reddingsoperasie duur voort nadat die veerboot, MV Barima, Saterdagaand langs die kus van Guiana omgeslaan het terwyl dit van Georgetown na Port Kaituma onderweg was.

Volgens die jongste inligting was 133 mense aan boord – 116 passasiers en 17 bemanningslede. Teen Sondag is 67 mense, onder wie 15 kinders, lewend gered, terwyl talle ander steeds vermis word. Reddingspanne soek per boot, vliegtuig en helikopter oor ‘n uitgebreide gebied na moontlike oorlewendes.

Die veerboot het omstreeks Saterdagaand 23:00 plaaslike tyd ‘n noodsein uitgestuur voordat dit sowat 11 kilometer van die kus af omgeslaan en begin sink het. Owerhede sê die reddingspoging word bemoeilik deur die groot soekgebied en moeilike toestande op see. Biskop Juan Edghill, die minister van openbare werke van Guiana, sê die reddingsoperasie duur voort terwyl ondersoekers die oorsaak van die voorval probeer vasstel. Eghill sê dit is onwaar dat die veerboot oorlaai was.

Guiana se eerste minister, Mark Phillips, lei die regering se noodreaksie. Volgens die regering word ondersoek ingestel na die oorsaak van die ramp. Twee bemanningslede het glo positief vir cannabis getoets. Owerhede ondersoek ook moontlike onreëlmatighede met die passasierslys.

Die regering het belowe dat enige nalatigheid of oortredings wat tot die ramp bygedra het, volledig ondersoek sal word. Die soek-en-reddingsoperasie duur voort.

Bronne: Guyana Ministry of Public Works – persverklaring, News Room Guyana, Associated Press

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief