684 maande tronkstraf of R228 000-boete staar direkteure in die gesig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Craig Ernest Browne (55) en Thilo Elkehard Lippert (62), direkteure van Ricford Finance Company (Edms.) Bpk. is elk deur die Strand-landdroshof ‘n boete van R228 000 of alternatiewelik 684 maande se direkte gevangenisstraf opgelê. Beide is skuldig bevind is aan belastingoortredings. Die maatskappy is ook met ‘n opgeskorte boete van R684 000 gevonnis.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die direkteure, Craig Ernest Browne (55) en Thilo Elkehard Lippert (62), moet elk onmiddellik R28 000 betaal. Die oorblywende R200 000 moet in maandelikse paaiemente van R5 000 tot September 2029 vereffen word. Die maatskappy en sy twee direkteure is op 114 aanklagte skuldig bevind nadat hulle oor verskeie jare versuim het om inkomstebelasting-, BTW- en LBS-opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in te dien. Hulle het ook nagelaat om ‘n verteenwoordigende belastingpligtige aan te stel soos deur die wet vereis.

Volgens die NVG is die uitstaande belastingopgawes eers gedurende 2026 ingedien nadat strafregtelike verrigtinge ingestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief