Tragiese gevolge nadat woedende gemeenskapslede reg in eie hande neem

Lees ook :

Fotokrediet FlyingNews

Drie persone wat glo daarvan beskuldig is dat hulle bokke gesteel het, is Donderdag op die dorp Mafefe, Malipsdrift-polisiëringsgebied, buite Lebowakgomo, Limpopo deur gemeenskapslede met klippe bestook en hul motor is aan die brand gesteek.

Lt.kol. Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, sê Malipsdrift-polisiestasie het Donderdag oproepe van die gemeenskap ontvang nadat hulle gesien het hoe sommige woedende gemeenskapslede ‘n voertuig vanaf Mecklenburg jaag.

Die polisie het met hul aankoms op die toneel drie erg aangerande mans gevind. Hul voertuig was in vlamme gehul. ‘n 31-Jarige man het op die toneel aan sy bewerings beswyk, terwyl die ander twee na ‘n hospitaal geneem is vir mediese behandeling.

Tydens die drie se ontsnappoging van die woedende gemeenskapslede, het hulle glo ‘n voetganger omgery wat aan sy beserings beswyk het. Die voetganger se identiteit is nog nie bekendgemaak nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris van die polisie in Limpopo, het gewaarsku dat enigiemand wat die reg in eie hande neem streng gevolge sal moet dra. en gevra dat daar eerder saam met die polisie gewerk moet word.

Die polisie het ‘n saak van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer (GBH), strafbare manslag en opsetlike saakbeskadiging geopen.

Enige persoon met inligting wat kan help met die arrestasie van die verdagte (s) moet speurdersersant Jim Mophoso by 082 445 7724 kontak, of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief