‘n Reuse-asteroïde, dieselfde grootte as die wêreld se hoogste gebou, sal na verwagting vandag verby die aarde vlieg.
Die asteroïde, wat 2022 RM4 genoem word, sal vandag omstreeks 18:26 1,4 miljoen myl van die aarde af verbybeweeg.
Die asteroïde is ongeveer 740 m lank en amper so lank soos die hoogste gebou op aarde, die Burj Khalifa in Dubai.
Die 2022 RM4 sal teen ‘n spoed van 23,4 km per sekonde, ongeveer 65 keer die spoed van klank, verby die aarde beweeg.
NASA sê 2022 RM4 is potensieel skadelik, want dit beweeg binne 4,65 miljoen myl van die aarde af verby.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





