Student sterf nadat sy bewusteloos gevind is

Lees ook :

Foto: Vereeniging Junior Rugby Club

BLOEMFONTEIN. – Lerisha Visser (20) ‘n tweedejaarstudent in regte aan Eduvos in Boemfontein het Vrydagoggend gesterf nadat sy op Woensdag 20 September in Mediclinic opgeneem was.

Visser het ‘n beroerte van die breinstam gehad.

Volgens Vaalweekblad is sy bewusteloos deur vriendinne in Amelia-dameskoskhuis gevind. Hulle het met haar na Mediclinic gehaas.

Carla Steyn het in ‘n Facebook-plasing gesê Lerisha het haar bewussyn verloor en het nog nie weer wakker geword nie. Sy het gebed vir haar vriendin gevra. Gister het sy geplaas Visser is oorlede.

Visser se Alma Mater, Hoërskool Dr. Malan, het medelye teenoor haar gesin, uitgespreek.

Bronne: Vaalweekblad, Hoërskool Dr. Malan, Vereeniging Junior Rugby Club, Carla Steyn en Chene van Loggerenberg,

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief