‘Vermeende inbreker doodgeskiet’

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Verdagte in ‘n huisbraakpoging in Gazzardstraat in Ottawa is Maandagmiddag doodgeskiet.

Reaction Unit South Africas is vir hulp gebel. Met die aankoms van reaksiebeamptes op die toneel is ‘n lewelose man in bosse aan hulle uitgewys. Hy het ‘n skietwond aan die regterkant van sy bors gehad en ‘n mes is naby sy liggaam gevind.

Die vermeende skieter het aan die reaksiebeamptes verduidelik hy het glo ‘n geraas in die erf gehoor waarna hy ondersoek ingestel het. Hy het na bewering die oorledene gevind waar hy probeer het om ‘n venster oop te forseer. Die oorledene het glo ‘n mes uitgehaal en probeer om die vermeende skieter te steek, waarna laasgenoemde sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal en die vermeende inbreker in die bors geskiet het.

Die slagoffer het tydens die voorval geringe beserings opgedoen.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief