Lees ook: Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodskiet vir waarneming gestuur
UZBEKISTAN. – Die akteur Kevin Spacey het glo gedink hy was besig om ‘n hartaanval te kry tydens ‘n filmfees in Uzbekistan.
Spacey (64) het gesê sy linkerarm het tydens ‘n toespraak vir omtrent agt sekondes lam geraak. Die akteur is hospitaal toe geneem vir toetse en is ingelig niks is fout met sy hart nie.
Spacey het dieselfde aand teruggegaan na die fees en vir die skare gesê sy gesondheid is “normaal”.
Hy is in Julie in die VK onskuldig bevind op nege klagtes van seksuele aanranding. Hy probeer nou weer sy loopbaan opbou.
Bronne: Deadline, The Sun, Page Six
Lees ook: Man wat glo Kimberley-blitspatrollielede doodskiet vir waarneming gestuur





