GAUTENG. – ‘n Vrou is gister deur metropolisiebeamptes opgemerk waar sy ‘n man (32), wat haar na bewering met ‘n Okapi-mes van haar selfoon en oorbelle beroof het, jaag.
Xolani Fihla, woordvoerder vir JMPD, sê beampes was met patrolliediens besig en het gesien hoe die vrou die man jaag, waarna hulle ook agterna is.
Nadat die man vasgetrek is het die vrou aan die beampes gesê sy is glo deur die man beroof.
Die man is vir roof en die besit van ‘n gevaarlike wapen in hegtenis geneem en by Johannesburg-Sentraal-polisiestasie aangehou.
Bron: JMPD en IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

