Godongwana sal vandag MTBR lewer tydens die land se ‘moeilike ekonomiese situasie’

Lees ook :

Die minister van finansies, mnr, Enoch Godongwana, sal vandag om 14h00 die MTBPS ter tafel lê in die parlement. (Fotobron: Gallo Images)

LEES OOK: AfriForum: Crimen injuria-aanklagte ondersoek teen TikTokker wat ‘vals aantygings van rassisme’ maak

Die minister van finansies, mnr, Enoch Godongwana, sal vandag om 14:00 die mediumtermynbegrotingsbeleid (MTBR) in die parlement ter tafel lê. 

Die MTBR sluit die regeringsbeleidsdoelwitte en -prioriteite rakende die land se begroting, asook voorspellings vir die makro-ekonomie in. Dit projekteer die fiskale raamwerk oor die volgende drie jaar deur onder andere die uiteensetting van uitgawe- en inkomsteramings.

Ekonoom Frank Blackmore sê die land se moeilike ekonomiese situasie sal dit vir Enoch Godongwana, die minister van finansies, moeilik maak om ‘n begroting te lewer wat vir almal bevredigend is.

Besighede het gevra vir ‘n gebalanseerde MTBR wat Suid-Afrika se pogings om die land se skuldlas te verminder, sal bevorder. Godongwana sal vanmiddag die beleidsverklaring in Kaapstad lewer.

Blackmore sê dit sal interessant wees om te sien hoe Godongwana ‘n balans sal vind. “Die hoofkwessie gaan wees hoe ons die geldtekort gaan stuit. Gaan ons belasting verhoog, gaan ons meer leen, gaan ons na ons gebeurlikheidsfonds, gaan ons koste besnoei? “Die minister se hande is vasgebind met betrekking tot ’n verhoging in belasting, aangesien volgende jaar ’n verkiesingsjaar is en die feit dat ons redelik hoog belas word. Leen word moeiliker, wat die besnoeiing van koste en dalk die gebeurlikheidsfonds laat om die gaping tussen besteding en inkomste te oorbrug,” voeg Blackmore by.

Intussen sê Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, die land se stygende skuldlas wat verlede jaar sowat R4,8 triljoen bereik het, sal na verwagting vanjaar nog verder eskaleer. Hy sê die land se groeiende begrotingstekort sal die regering se leenvereistes verhoog, wat met hoër rentekostes gepaard gaan.

#Begroting #Budget #Godongwana #Finansies #MTBPS #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: Nasionale Tesourie persverklaring (11 September 2023); SABC Nuus; The Citizen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief