Name bekend van twee vriende glo deur kleinhoewe-eienaar geskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Jacob Dawid Malan Claassens (59) is steeds in aanhouding sedert sy inhegtenisneming en eerste hofverskyning, nadat hy glo Maandagoggend twee van sy vriende wat deel van ‘n groep besoekers aan sy kleinhoewe was, geskiet het. Sy aansoek om borg sal volgende week in die Springbok-landdroshof aangehoor word.

Kol. Cherelle Ehlers sê die oorledenes is deur naasbestaandes as Coenraad de Beer (54) en James Kriel (56) uitgeken.

Volgens OFM is die oorledenes na bewering in hul beddens doodgskiet. Een was glo ‘n prokureur van Knysna en die ander ‘n boer van die Overberg.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

NOORD-KAAP. – Jacob Dawid Malan Claassens (59) is in aanhouding nadat hy glo Maandagoggend omstreeks 04:30 twee besoekers op sy kleinhoewe in Vioolsdrift geskiet het. Die twee slagoffers, onderskeidelik 54 en 56 jaar oud, het intussen Woensdagoggend in ‘n hospitaal op Upington aan hul beserings beswyk.

Kol. Cherelle Ehlers sê na bewering het vier mans, vermoedelik van Kaapstad, hul vriend op die kleinhoewe gaan besoek.

Gedurende die oggendure het bure skote gehoor en ondersoek by die kleinhoewe ingestel. Met aankoms van die bure het Claassens na bewering erken hy het die twee mans geskiet en wou homself aan die polisie oorhandig.

Die polisie is ontbied, waarna die twee aanvanklik beseerde mans per ambulans na ‘n hospitaal vervoer is. Claassens is deur die polisie in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag in die Springbok-landdroshof verskyn. Die twee mans het Woensdag beswyk. Claassens sal vir eers tot Dinsdag 7 November in aanhouding bly wanneer sy borgaansoek aangehoor sal word.

Omstandighede van die insident word deur die Vioolsdrift-polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief